Vrye indirekte rede

Die vrye indirekte rede is 'n stylfiguur tussen die direkte en indirekte rede, oftewel tussen 'n monoloog en 'n verslag van die belewenis of ervaring van iemand anders. Hierdie stylfiguur neem meestal die vorm aan van die onvoltooide verlede tyd,[1] in dié verband ook "verhalende imperfektum" genoem. Die vrye indirekte rede het meestal betrekking op die "nou" wat beskryf word, dit wil sê op 'n tydstip wat saamval met wat in die res van die sin beskryf word.

  1. Let wel: Afrikaans beskik nie oor 'n preteritum (onvoltooide verlede tyd) as boekvoorleestaal nie (soos in Nederlands: Hij keek [hy het gekyk] in stede van hij kijkt [hy kyk]) nie. Afrikaans maak meestal gebruik van die onvoltooide teenwoordige tyd in verhale: byvoorbeeld Gert kyk na die groot gebou voor hom.

Developed by StudentB